Dinsdag 08 Maart 2022

Slaaptyd...

As jy 'n bietjie slaperig voel vandag, is dit alles reg! Net solank jou nessie naby is! Hierdie slaapkous is beskikbaar teen R300, die oorspronklike Hoggamajôjô storietjie ingesluit en ook die koerier.
Kontak Santie by 0845620063
Email: santieamery@gmail.com

Maandag 07 Maart 2022

Hoe rooier hoe mooier!

Hier bring ons 'n blertsie rooi...want rooi is tog vir almal mooi!
Kry jou Hoggamajôjô vir R300, oorspronklike storietjie in kleur in Afrikaans of Engels ingesluit. Boonop lewer die koerier jou pakkie by jou voordeur af!
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Goeiedag!

Kan ons jou maatjies wees? Ons kuier op jou hoekrak of pas netjies in jou sak!
Kry jou Hoggamajôjô vir net R300, oorspronklike storietjie in kleur, in Engels of Afrikaans ingesluit. Die koerier lewer dit by jou voordeur af
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Effe skaam...

Ons is so effe skaam maar tog so dierbaar! Pure kleinfyn dogtertjies!
Elke hoggamajôjô kos net R300, insluitende die oorspronklike kleurvolle storietjie in Engels of Afrikaans. Die koerier kom lewer jou pakkie by jou huis af!
Wattsap Santie:
+27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Glimlaggies vir jou!

Skewe laggies en blou broekies! Ons kruip stilletjies weg agter al die hoekies...
Dalk wil een by jou kom wegkruip?
Kry jou hoggie vir R300, insluitende die oorspronklike Hoggiestorie in volkleur. Kies in Engels of Afrikaans. Alles word by jou deur deur die koerier afgelewer!
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Oranje en troeteldiertjies...

Effe stouterig of net ondeund? Ek wonder! Ek hoop jy hou van wurmpies en muise!
Kleur jou wêreld met 'n Hoggamajôjô vir net R300. Die oorspronklike kleurvolle storietjie in Engels of Afrikaans is ook ingesluit. Die vriendelike koerier bring jou pakkie tot by jou voordeur!
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Blou sê ek hou van jou!

Dié twee knapies hou van blou en sommer ook van jou!
Kry enetjie vir R300 wat die oorspronklike storie in kleur in Afrikaans en Engels insluit. Die koerier sal jou pakkie by die voordeur aflewer.
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Pers poppies

Pure liefde en laventelpers...en blommetjies om elke dag op te vrolik! Wie kan nou die Hoggies se seeblou ogies ooit weerstaan?
Kry 'n koel kleurvreugdetjie vir net R300. Dit sluit ook die oorspronklike storie in kleur vir kleinmensies in, in Engels of Afrikaans. Boonop lewe die koerier jou pakkie by jou voordeur af!
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Pienk plesier!

Pienk en oranje, die kleur van klein dogtertjies en melkskommel en verjaarsdagballonne! Strikkies en glimlaggies en 'n piepklein voëltjie!
Kry vandag 'n besondere pienkerige Hoggamajôjo....
R300 sluit ook 'n kleurvolle oorspronklike Hoggamajôjo storietjie in vir kleiner mensies in Engels of Afrikaans. Jou pakkie word by jou deur afgelewer deur die koerier.
Wattsap Dantie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Die eerste drietjies....

Iemand is maar slaperig, die ander soet soos stroop! En die derde het allenig in die veld met bloubessies, gaan loop! 
Kies 'n Hoggamajôjô vir jou of iemand anders vir 'n bietjie jôjô-vreugde!
Vir R300 kry jy jou unieke Hoggie en die oorspronklike storie in kleur vir kleinmensies, deur tot deur koerier ingesluit!
Storie in Engels of Afrikaans.
Wattsap Santie: +27845620063
Email: santieamery@gmail.com

Hier is ons!!

'n Hoggamajôjô is troetelklein en ougat oulik! Hulle is maar ongeveer 16 cm hoog en pas netjies in jou hand! Boonop verskaf hulle sommer handevol vreugde!!

Die storie van die Hoggamajojos.....

 Ek was van kleintyd af 'n dromertjie. Alleenkind wat haar verbeel het klein mensies bly in haar slaapkamermuur. Stories van kamma-geselsies saans as kindertjies in die bed moet wees terwyl die grootmense nog wakker is. Die mensies wat wegkruip in die Jakarandaboom se geheime holtes en ure saam met jou kuier tussen blomkoppietjies en bordblaartjies.



Maklik veertig jaar later trek ons Hogsback toe. Die mooiste omgewing met 'n oorvloed van plantegroei en dierelewe wat enige kunstenaar se kreatiwiteit sal aanwakker.

 Ek hou skool vir 'n paar bergkindertjies en die Hoggamajôjôs word in my hart gebore. Wat meer kan 'n kinderverbeelding lewendig en bly maak?

Vriende en familie geniet die nuwe idee. Die karaktertjies kry stories, blyplek in gastehuise en selfs oorsee!

Hulle kry elk 'n unieke nommer en word "aangeneem" deur grootmense en kinders. Ons wil nie hulle hartjies seermaak deur hulle bloot te verkoop nie! 

Die Hoggies is baie skaam maar vind sterk aanklank by kindertjies en kreatiewe grootmense.

Hulle kruip tussen die welige plantegroei weg en koekeloer om die hoekies om te sien wat op die dorpie gebeur. Snags besoek hulle die mense se huise en hou hulle fyn dop. Uit pure stoutigheid steek hulle dan die mense se sleutels of selfoon weg. Hulle boots die mense se kleredrag en gewoontetjies na en giggel saam oor alles in hulle wegsteek blyplek in die bos.

Hulle lyfies verander van vorm maar die grootste vreugde bly....die deel van die jôjô-blywees.

Soms wonder ek of die storie van my Hoggamajôjôs nie liewer maar moet doodloop nie. Veral toe ek van die berg af verhuis terug na Port Elizabeth toe nie.

Maar dis vir my so lekker om hulle te laat lewe. Die onsekerheid en idees groei maandelank in tekenwerk vir plakkers (stickers), planne vir nuwe laplyfies, sketse en stories. wil die lappoppies meer besonders maak. Die verwyder van die idee van massaproduksie en sommer net doodgewoon wees. Die nuwe idees begin lewe kry in my gedagtes en kort voor lank stik ek die eerste van die nuutste Hoggies, stop, werk dit aanmekaar en begin met groot plesier die lyfie verf. Die finale afronding met wolhaartjies laat die poppies lewe. Nou is my hart tevrede!

So hier is hulle nou, my Hoggamajôjôs. Hulle voorkoms het verander, maar die stories bly dieselfde.

En nuwe stories sal nog gebore word. Dis ure se liefdevolle werk wat hulle vir jou bring. Ek hoop jy sal elke klein deeltjie van die liefde in elkeen raaksien en sommer in jou hart voel. 

Want dis eintlik waaroor dit gaan, ek wil net vir jou 'n stukkie liefde en jôjô-vreugde stuur in elke lyfie. Vir groot en klein!

Ek is Santie en ek verf drome....en dis wat ek met jou wil deel!


#santieameryfineartist #hoggamajojos #jojovreugde #jojojoy #artdolls #hogsback #unique #handmade



Slaaptyd...

As jy 'n bietjie slaperig voel vandag, is dit alles reg! Net solank jou nessie naby is! Hierdie slaapkous is beskikbaar teen...